Die doodsengel staan roerloos..... Vreemde gesigte staar en staan dan nader om n foto te neem saam die engel-with-a-difference op die plein by die Dam. ’n Vinnige, senuagtige glimlag wat gekliek word met die straatkunstenaars voor die paleis. Braaf man... om so te posseer saam die doodsengel. Die kenmerkende lang lem van die panga in sy hand is genoeg om enige ou te laat sidder ... wil darem nie hierie oukie eendag ontmoet as ek my eerste tree aan die ander kant gee nie...
Ja, Amsterdam, my gunsteling plek op aarde. Dis Juliemaand 2009. Dis hier waar ek besef dat ek maar nog net een van biljoene mense is wat n lewe lei en dan die einde tegemoet spoed.... en dan..... verkrummeld, verwurmd of uit keuse, verast...die sirkelgang voltooi. Kafka se realistiese gevolgtrekking dat die doel van die lewe is om te eindig, onderspeel die surrealisme waarmee hy homself besig gehou het...Frankl weer, sien die doel van die lewe om ander te help. Ironies, is dit nie? En dalk issit net die doodsengel wat daai diep, diep, donker verstaan. Daai diep donker wat net kan kom van binne af...daar diep binne waar net JYself na JOUself kan kyk.... "The angels are lost in perpetual contemplation of an infinite glory...."
Remember that life is a series of seasons. Every human being will have to endure the harshness of a few winters in order to get the glory of best summers. Never forget that winters do not last.
Dis nou amper drie jaar wat ek hier in Amsterdam probeer om ‘n lewe te maak....drie magiese jare waar ek net in die crowd kon verdwyn, waar ek die eina van die groot D-woord kon verwerk, waar ek kon begin vrede maak met so baie dinge, waar ek weer kon begin het om lief te raak vir myself. Daai D-i-v-o-r-c-e woord... ’n woord wat so ’n apokaliptiese gevoel hier in jou binneste los maak. Van nature het ek my hele lewe lank probeer om te fokus op positiewe dinge...en ook probeer om die eina van my egskeiding op ’n positiewe manier aan te pak... Ja, ek probeer selfs om die dinge wat my nou regtig afpis ( soos my aversie in die kerk) op ’n positiewe manier te “frame” Weet nou nie of dit die serotien is nie, maar ek is baie gelukkig om ’n gelukkige oukie te wees... vroeg reeds besef dat geluk net van myself afhang. Daarom ook dat ek nooit in my lewe probeer om ander mense gelukkig te maak nie.... want dis iets wat geen mens vir ’n ander kan doen nie... dit bly 'n keuse.
Nietzsche se woorde, 'He who has a why to live can bear with almost any how.'"
Ja, ek kry my energie van die “why” ek dinge doen... van binne af, maar ook van mense. En ja, soms wanneer iemand vir wie ek baie omgee om een of ander rede tydelik of permanent uit my lewe verdwyn, is dit of daar n soort leegheid oor my kom en dan kan ek vir n dag of twee in die donker skadus van eensaamheid en jammerkry verval... die gevoel is gewoonlik vlietend... al los dit soms ’n scar wat lank vat om te genees. Die moeiliker ding vir my is wat hierdie “why’ in my lewe moet wees...
Join the Hope Club. Big, beautiful and seemingly impossible goals are superb vehicles to keep you inspired. Da Vinci said: “Fix your course to a star and you can navigate any storm.” When you are reaching for great and noble goals that speak to the best within you, your desire to reach them will pull you through the tough times that you will encounter along the seeker’s path.
Ek besef dis soms maar moeilik om vrinne te wees met ’n boheemse ou soos ek wat die lewe bevraagteken en soms die vreemdste geluide maak in respektabele geselskap... dit het makliker geword en ek kon ook begin om my eie weirdness te aanvaar (hoe moeilik issit dan nie vir my maaikies nie?) die oomblik toe ek myself begin oopmaak het vir ander very weird mense... en tot die ontdekking gekom het dat selfs... AHUM...rugby spelers (ek het selfs 'n game op Loftus gaan kyk!), drag queens, wicka witches, kokaien verslaafdes en selfs bedelaars hul eie betowering kan he... dalk is dit die pyn in my gesprekke met vele van hierdie mense, afgestroop van maskers, en hul betowerende eerlikheid, wat jou binneste deurmekaar skommel, optel, skud... en dan naak voor jou siel kom staan maak. Dit was lankal nodig om my uit my kokonwereldjie te wurm....
Keep in mind, at all times, that we grow the most from our greatest suffering. As we go through it, it hurts. But as we move through it, it also heals. When a jug of water falls to the floor and cracks, what was hidden within begins to pour out. When life sends you one of its curves, remember that it has come to help crack you open so that all the love, power and potential that had been slumbering within you can be poured into the world outside you.
More vlieg ek Kairo toe......
Dis reeds amper agtuur toe die stem op die trem “Centraal Station...eindpunt” dawer en ek besef dat ek nie my paspoort gevat het nie..... Vir iemand wat alles op die nippertjie doen is daar ’n prys om te betaal as dinge verkeerd gaan... 50 euro later stop die taxi op Schiphol en is ek betyds vir my vlug...... Net voor elf land ons op Charles de Gaulle vir die oorklimvlug......so paar vinnige rokies buitekant en genoeg tyd om ‘n goeie duik te maak in die Bram Vermeulen-boek wat ek so inni hardloop op Schiphol opgetel het....Help, ik ben blank geworden.....
Ongemaklik om weer die realiteite van Suid afrika aan jou lyf te voel hier ver inni vreemde....weereens ‘n Nederlander wat die Afrika droom najaag uit n hollandse perspektief.. (Hoog tyd dat 'n Afrikaan bietjie skryf oor die laagland!) Hoe gelukkig is ons nie as afrikane om deel van die Afrika-suidpunt-kultuur te wees nie....al het dit eers heel laat in baie van ons lewens gebeur....dit sou nie die eerste keer op die trip wees wat ek my dankbaarheid van afrikaaan wees hardop dink nie. Gewis een van die beter boeke oor ons ingewikkelde landjie...
Met die aankoms op Kairo Internasionale lughawe word ons ingewag deur rye en rye soldate wat die hitte in uniform op die terrein aandurf..... my eerste gevoel is een van "Aaaag nou ja....seker maar die verskerpte veilgheid rondom die “oorlog” wat daar iewers tussen die Christene en die Muslims woed". ’n Paar jaar gelede is ‘n paar toeriste mos om die lewe gebring.... Hoekom laat hierdie rye en rye soldate my dan nou nie juis "veilig" voel nie ... laat my ook onwillekeurig terugdink toe ek vroeer die jaar sonder paspoort oor die grens Mexiko binnegegaan het... sonder paspoort... met rye en rye soldate wat die grenspos beskerm.
Met die uitklimslag uit die bus word ons ingewag deur ‘n ry dames in steriele drag met maskers oor hul monde en ‘n vorm word summier onder jou neus gedruk ... simptome van varkgriep? ...en ritse ander vrae moet ingevul word.....is dit die voorspel van die epidemie wat op ons wag wanneer die ding nou nog erger word..... ek moes smaail....die meeste funny simptome was aanwesig by my.....varkgriep?
Dis eers later inni taxi oppad na die hotel waar die drywer my vertel dat die rye en rye soldate langs die pad wag op die koms van die President (weet nou nog nie sy naam nie!) Ons wag op die kaptein...
Denial ain't just a river in Egypt.
Mark Twain (Dalk 'n goeie slogan vir 'n sustainability bewuswordingscampaign?)
Mark Twain (Dalk 'n goeie slogan vir 'n sustainability bewuswordingscampaign?)
‘n Oordrewe irriterende vriendelikheid van die hulpgewende egiptenare val my dadelik op en die temperatuur in my lyf styg menigmaal die hoogte in.....ek het dalk nie met’ n fever hierheen gekom nie, maar as dit so aanhou sal ek beslis met een weggaan......
During tough times, there is a tendency to let go of yourself. As you encounter adversity, have the discipline to maintain your routine – get up early, do your holy hour, eat very well, exercise, spend time with nature. And make sure that you do all you can to keep all four of your central dimensions – the mind, the body, the emotions and the spirit – in fine operating order.
Van die ou wat ek vra waar die kitsbank is, tot die opdringerige taxibestuurders...hul base....die ontvangsklerk by die hotel.. net mooi elke mens wat ek ontmoet het die eerste paar dae, het die vermoe gehad om my die bliksem in te maak..(watter clever sielkundige het nou weer "projeksie" as spieelbeeld van die eie self tot 'n beginsel verhef?) Nee kyk...hierie ouens negotiate op HULLE terme ...en as jy nie saamspeel nie, maak hulle dit baie moeilik.....ek voel die heeltyd of alles win-loose is......is dit maar net as gevolg van die duiselingwekkende hoofpyn wat gedurig in my kop rondspeel, of is dit dalk ‘n simptoom van die aambeie wat nou lekker groot geword het en seer sekerlik nie n rit op n kameel makliker gaan maak nie.... nietemin...so teen 10h30 is ek uiteindelik in my kamer en kon ek gou-gou op facebook een of ander dwase opmerking kwytraak voor ek aan die slaap geval het....
En toe was sy daar.....n pragtige jong meisie wat my omelet vir my maak met ontbyt.....loop oor van vriendelikheid, maar met n verskil, ai, skielik kry ek ‘n sprankie van hoop vir hierdie vreemde wesens. Die Conceirge verydel egter vinnig die flikker van hoop...die ontvangs gee een prys vir die taksi maar die Congeirge gee ’n ander gelaaide prys. Ek besef vinnig ek sal hierie ouens moet mooi uitkyk.....is toe ook per limousine... ’n mooi woord vir ‘n “airconditioned” 1400 taksi vroegoggend Kairo downtown toe......oppad gestop by 'n vriend van die drywer Yasser wat my ‘n goeie deal sou gee op ‘n Nyltrip...... na ek so bietjie rondgeloop het en shop vir n beter deal, is ek steeds nie seker of dit alles rerig gaan uitwerk soos aan my belowe is nie..... die gevoel van distrust wat tussen my en hierdie Egiptenare bestaan wil maar net nie wyk nie...
Failure is a choice. Nothing can stop a man or a woman who simply refuses to be kept down. Just make a decision from the center of your heart that, no matter what happens to you, you will keep walking the authentic path. Doing so will ensure you a life of real success.
Die besoek aan die Egiptiese museum het die mistieke realitieite en fantasiee van al die ikone van Ramses, Cleopatra en natuurlik Tutankahmen, in my breinsel ingemessel..... die ou mense van amper 5 duisend jaar gelede was toe al “clever”... lyk net vir my of hulle in terme van mensvaardighede ook daar vasgehaak het...hehe.
Die terugrit taksi was n ervaring...die ou het nie n clue gehad waarheen om te gaan nie....dit het ook nie sy saak aangehelp dat die oop vensters glad nie verligting gebring het vir die versengende hitte binne in die kar nie... sal my nou leer om in Kairo altyd ’n “limousine” te vat. Groot was my verligting toe ek eindelik by my hotel afgelaai word.....en ALLES wat jy lees oor traffic in Kairo is WAAR.....moet nie eers daaraan dink om ‘n kar hier te huur nie.....never....never ... hoe daar nie veel meer ongelukke plaasvind nie is verbysterend... Min het ek toe besef dat die laaste gesig wat ek sou sien die oggend met my terugkeer huis toe, sou 'n dooie ou wees wat uit ’n omgekeerde taksi hang. Het jy daai doodsengel sien roer?
Moreoggend moet ek om 5 uur op die lughawe wees.....die vlug na Luxor wag.....
Na ’n aand van geen slaap dommel ek vinnig in op die vliegtuig en word wakker met die aankondigings dat die vliegtuig gaan land in Aswan. Die Amerikaanse dame langs my gaan deurvlieg na Simbel...die mees suidelike dorp in Egipte. Lekker deur die weer en lekker vroeg net na sewe toe ek op Aswan lughawe uitstap en die hordes taxi drywers tegemoet loop wat jou amper forseer om hulle taxi te neem... die opdringerigheid waarmee die egiptenare hul ware en dienste aan jou probeer afsmeer het my geweldig irriteer, maar later, namate ek al meer ontspan het op die trip, het dit soms nogal ‘n uitdaging geword om totaal buite hul strategie te onderhandel....... verdubbel hulle prys en hulle weet glad nie wat om te doen nie......of seg net: Ek seg “NEE...DO YOU UNDERSTAND?.....EN GEE SO KWAAI KYK.....nie iets wat hulle maklik afskrik nie...of vra die beste prys en seg dan nee met ‘n glimlag... dan sien jy gou hoe die prys van 350 egiptiese ponde sak na 50 pond... maar nou ja.... XL hemp is beslis nie ekstra large nie....amper standaard dat jy besef na ‘n transaksie dat jy ingedoen is....
Twaalf mediese studente van n paar verskillende lande is my metgeselle op die boot in ASWAN... was vir hulle seker vreemd om hierie south african saam hulle te he, maar het darem so met verloop van tyd tot op “kennis” vlak met n paar van hulle gekom....
In Aswan het ek die Saterdag die toergids vir myself gehad en dis eers hier waar ek die trip nou eintlik eers begin geniet het. Ons is na n eiland waar ek met n soux op die dam soos n wafferse VIP die reuines besoek het.....later die dag sou ek die Nubia village besoek en met n soux die Nyl opvaar..... 'n haarsny ook ingekry waarvan die quote 30 Pond was maar met die opstaanslag moes ek 140 pond betaal....elke keer se storie... jy dink dit kos een bedrag en moet dan veel meer betaal...
En toe vaar die boot......tot by Kom Ombo......waar ons na die Edfu tempel toe was. Deur die nag gevaar en sesuur sondagoggend wakker gemaak om uit te stap ......lekker aanboord geswem ook en later in die kamer agtergekom dat die egiptiese son nie jou maaikie is nie....wit word bloedrooi......sal my leer om braaf te probeer wees....
“The dust of exploded beliefs may make a fine sunset.” (Altyd gewonner hoekom die Afrika son so mooi is)
In Luxor was die Luxor tempel al die Sondagaand al op die program....sphinxes, ‘n obelisk en groot beelde van Ramses maak die meeste indruk. Na die heerlike aandete raak ek sommer vinnig aan die slaap.....die sesuur wake-up call kom veels te vroeg......
Maandagoggend sewe uur is ons in die minibus oppad na die Valley of the Kings.... dis vrekVREK warm.....maar die Tutankahmun tombe maak die trip die moeite werd...barre wereld....nie eens n plantjie wat daar groei nie....net 62 tombes.....
'n Besoekie aan Hatshepsut se tempel met die berg op die agtergrond is n asemrowende gesig om te sien.....
"Drop of plain water on thirsty tongue more precious than gold in purse"
By die tempel van Karnak het ek halt geroep .......eerder n sigaret gerook en coke gedrink....die hitte slaan mens heel onderstebo..... sit nou hier en wag vir sewe uur om aan te breek sodat ek die vlug kan vat terug Cairo toe..... drie heerlike dae op die Nyl......
- Douglas Adams
Elke keer as ek vir myself kyk is ek gryser en gryser. Wag nog angstig vir die beloofde "wysheid".....Ja, was goed om bietjie ‘n ander wereld te ervaar.....en Egipte is n HEEL ander wereld.....praat sokker en seg jy kom uit Suid-Afrika, dan raak die egiptenare baie vriendelik....baie duidelik dat dit net is om n pond te score..... die oomlik as die transaksie afgehandel is word daar jag gemaak op die volgende slagoffer. Esnawy, my gids was nogal heel vriendelik en behulpsaam.....tog wonner mens die heeltyd of jy hulle kan vertrou.....
Die vlug na Kairo was kort en lekker. Het selfs in die Business class gesit...haha....
Vreemd die rye het begin by nr 21 ....en ek was ry 24......gevolglik het ek tot amper heel agter geloop voor ek besef het ry 24 is eintlik die 4de ry... Huh?
Sit nou hier in die Golden Tulip Flamenco Hotel en peins oor die tydjie hier in Egipte..... waar ek die eerste 3 dae gewonner het hoekom iemand nou juis hier sal wil woon, sit ek nou na 10 dae en dink waar my volgende trip in Egipte gaan wees..... die plek het maar n manier om in jou siel in te klim.....
Achmat en Ehub was my drywer en gids vanoggend na die sphinx en piramides......was lekker om die geskiedenis en karakters te kon volg in die gids se "storytelling"....die prentjie is voltooi.
"Sitting: ....a shackle for the free" Dalk moet ons 'n bumper sticker van die bordjie maak :-)
Piramides is groter as wat hulle op die oog af lyk..... so ook die sfinx...... een van die laaste oorblywende ou wonders van die wereld.... n voorreg om hier te kon wees.... die stad met sy vuilgeid en al is aan’t "lewe"... en kruip in jou in... hang maar net af met watse hart en oog jy die spul bekyk.... en ja...ek het die egiptenare vergewe vir al die Pounds wat hulle uit my het...hulle was so biekie slimmer as ek..... naiwieteit is n virtue....ingewortelde skills het my outdone, outsmart en outplay!
"Organized religion: the world's largest pyramid scheme."
En more verjaar ek.....haha..... die halfeeumerk is naby..... snaaks hoe vinnig tyd verby vlieg as jy die lewe geniet..... en hoe vinnig het die jare nie verby gespoed nie..... soe!!
Op die vlug terug na Amsterdam vang ek myself keer op keer dat ek wonner wat ek met myself die volgende paar jaar gaan doen.....wil ek rerig terug Suid Afrika toe...nee... Wil ek rerig nog sukkel om mense te probeer oortuig dat ons moet fokus op sustainability?....'n Gevoel en werklikheidsbesef wat net sterker word namate ek die een wonderlike plek na die ander besoek....ons het n pragtige aarde......en ons verwoes hom.....wil ek? Kan ek nog een dag mors?
Remember that, no matter how hard things get, you are never alone.
"Da's 'n gaaikie inni mirrel funny C"
Op Nederlandse TV oor Suid Afrika is die munisipale massas weer besig om te staak....... en beelde van hoe die polisie die stakers met rubberkoeels skiet word weer die wereld oor gestuur.... gaan Zuma, of eerder, HOE gaan Zuma hierdie politieke speletjie speel.? Die religion kaart help darem om so baie van die gewone ous op straat op sy plek te hou......sad...sad...sad......en so baie mense val daarvoor en daaroor.....bly maar moeilik om vir jouself te dink......
Die lot van die arm en middelklas...... give them religion... net Mari Antoinette wat haar vergis het deur te dink koek gaan die ding doen… of die Huisgenoot credo: Broeke-, koeke- en Boekevat! Gee my eerder opium...
Take risks! Die doodsengel staan roerloos....
Isn't it rich?
Isn't it queer?
Loosing my timing this late in my career
And where are the clowns?
There ought to be clowns
Don't bother next year....Take risks! Die doodsengel staan roerloos....
No comments:
Post a Comment