Dis
vroegoggend, verlede Sondag, wat ons, in twee motors, die Witbank afdraai vat oppad na Dullstroom uit Centurion. Is
weliswaar amper dertig jaar laas wat ek ‘n kerkdiens bygewoon het. My walging
in “kerk” het my darem nie verhoed om deur die mooiste kerke in Italie, Spanje,
Duitsland en Nederland te loop nie… maar selfs dit het later ook maar boring
geraak. Nee, die drie lelike susters het my afgeskrik van kerk vir baie jare…
om darem mense op grond van velkeur te klassifiseer vir ‘n plekkie innie hemel,
‘n plekkie innie kerk en dan nog met selfverhewendheid met hul boetie, die
Staat, ook evil incest te pleeg, was genoeg
om my baie lank weg te skrik.
‘n Geleentheid
het hom voorgedoen om saam ‘n paar joernaliste van die gerespekteerde Mail &
Guardian te gaan uitvind hoekom die NG nou, amper 18 jaar na apartheid, lelik
begin leegloop. My belangstelling in “Volhoubaarheid” as konsep, aan die een
kant, en ‘n diepe hoop dat die drie lelike susters ook maar die paadjie van die
ou regering sou loop, andersyds, het my geprikkel om die oggend saam te ry.
Die
vriendelike dominee se rustige stem het seker bygedra tot ‘n vreedsame gevoel
wat in my binnekant was. Sy humor toe hy die span van die M & G welkom heet
en die gemeente gerus gestel het oor die “snaakse” mense in die kerk het my
laat smaail. Half skuldig het ek my plakkies nog dieper onder die stroewe
kerkbank gedruk. Die vriendelike Hindoe kameraman, die “Girl met die goue stud
deur haar mond” en die joernalis, netjies aangetrek, suit en al, moes seker
nogal “snaaks” gelyk het.
Die
oorhoofse projektor het “God se bye” aangekondig en ek het gewonder of die
dominee nie die ^ oppie “e” vergeet het nie. My gedagtes het teruggedwaal na
ons Boksburg kerk lank gelede, waar die Bybelstories van Liewe Jesus my
verbyster het… Liewe Jesus was my hero. Hy kon magic doen. Namate ek groter
geword het het ek geleer dat ek in die hel gaan brand as ek my nie absoluut
oorgee aan Liewe Jesus en sy kwaai pappie nie.
Na ‘n kerkkamp by Winkelspruit
is ons selfs beveel om ons plate te vernietig… daai plate en musiek wat vir my
alles beteken het. Dit was die eerste groot skeur met die kerk wat in my
kindergemoed plaasgevind het. Die walging in die kerk het op universiteit
finaal oorhand gekry toe dit duidelik word dat ek beslis nie een van die
uitverkorenes sou wees nie.
Kan mens n Heilige Koei hoor val?
Later jare
was dit selfs ‘n vreugde om te besef dat ek beslis ook nie een van die
uitverkore groepie wou wees nie. Na ‘n lang journey het ek besef dat, as daar ‘n
God sou wees, hy nie vir my “bye” geseg het nie, net maar die kerk wat “bye”
geseg het. En hier sit ek nou in ‘n kerk waar dit vir my voel of God nou vir
hulle “bye” geseg het….
Voor die
diens begin is die kindertjies uitgelei na die kinderkamer… sommige rituele was
nog steeds dieselfde… Die trae sang en die kwaliteit van die orrelspel het
verder bygedra tot n gevoel van jammerte wat oor my gemoed gespoel het. Nie gedink ek sou diep jammerte voel vir
hierdie instansie wat my soveel dae wakker gehou het oor die groot en
belangrike vrae van die lewe nie… nie gedink ek sou nie met absolute weersin
die spektakel aanskou wat vir soveel mense gelieg het... en dit steeds nog doen.
In die
teekamer na die tyd was fotos van die bazaar … buite het n vriendelike kerel my
vertel dat ek by Mohamed sigarette vir tien Rand kan koop. Sou hom later die dag weer
raakloop by die sentrum vir Epilepsie.
Selfs die
dominee het aan ‘n sigaret gesuig...
Hoenervleis
het op my arms uitgeslaan toe ons uitklim by die klein pressedwood
kerkgeboutjie innie township. Die sang was oorweldigend. God seg hello. Die Umfundisi
vertel haar storie van hoop met drie ‘elle’. Die kindergesiggies sprankel. Die
groot mense stem saam. ‘n Hele paar kom skud my hand en seg welkom. Hier is ons
nie “snaaks” nie. In die verte staan die nuwe kerkie half gebou…
And when the night is cloudy there is still a light that shines on me
Shine until tomorrow, let it be
I wake up to the sound of music, Mother Mary comes to me
Speaking words of wisdom, let it be
Let it be, let it be, let it be, yeah, let it be
There will be an answer, let it be
Let it be, let it be, let it be, yeah, let it be
Whisper words of wisdom, let it be
Twee keer
kerk op een dag...
Koffie innie hand vat ons die lang pad terug na Tshwane…
genoeg padkoskaffeine vir die volgende dertig jaar….