Ernstig, intelligent, lief, maar denke ietwat elementer Met regs en links en op en af kyk maar nooit ooit Ver kyk nie, net maar rondkyk binne beperkte sirkels van idees Draaiend om die eie as in stille wanhoopskreet
En... Sexy, maer, goedgebou altyd in beheer met 'n skugterheid Wat lig ontduik en intiem beskeie hart oopmaak oor vele reise En apologeties klein foutjies met 'n eenoog oogknip verbloem en Ongesteurd deur 'n onvermoende hand wat nie kan vriendskap gee
En... Aantreklik, met n duidelike mond en n drupdroomoog die groot tieties Verbloem wannir die hand op-en-vinnig-af beweeg waar stemtone skril Die klein oortjies uitasem toehou vir die einas van lewe in die kokon inglip En maar vergewe word omdat onskuld so selde enige iemand kan skaad
En... My maklike vriend wat deur almal verstaan en gelief word deur flegmaties Universeel algemene uitsprake kopskuddend met sy ligtheid en nonchalant Telkens homself herhaal in uitermatige oorvloed van korrektheid soos n vogel in vlug Terugkeer na die hok waar skuiling veilige beskerming koester teen alleen
En... 'n Belofte sonner inhoud wat my eensaam laat voel in haar teenwoordigheid Maar tog teenswoordig status het al issit moeilik om eintlik te bepaal waarom Oorvriendelikheid soms half gatkruiperig lyk waarmee onsekere siele soms Verblind kan word deur goedkoop lofsange so reg uit die hallelujaboek
En... Martelgat en babbelkous wat nie wil verloor en verval in afvlerkvooltjie Sindroom waar geveg word met drome en siekerig vertoon al is dit allermins Nodig om te help want die gesiglelikgyt word onderspeel deur n voorhoof Wat ongenaakbaar tuur oor hande en groot voete perfek uit proporsie met sy res.
En... Uniekheid wat nie verstaan word deur die gepeupel met algemene wereldshumor Eie wysheid maar ook nie oorskat moet word as rusteloosheid en respek vir tradisie Charismaties saamgemeng word in n groot geheel wat beslis nie die toekoms gaan Verander maar met opregtheid hoop uitstraal as jy melancholies koffie soek
En... 'n Probleem sonner dat mens nou rerig weet hoekom mens nou eintlik vaderlik Voel as jy met siddering dink hoe n eie pad gevolg word en lank alle kontak Verbreek en mens dit onnodig vind om uit vind waar die vriendskap is en net Aangaan en los soos dit is maar die vlek op die keel laat my soms weifel
En... Elegant en aards met n betowering sonder dat dit enigsens agtergekom word Met n kyk na nerens wat alles inneem en diep agter smal ooglede skuil en praat In kort afgemete sinskontruksies wat leeg vertoon as jy jou hand oplig om te Wyshoop dat dit dalk sal inslag vind in die deurmekaargyt slapoog gluur
En... Twee vingers telkens op n skewe ken en vlugtelings n lippestreel en neusraak Gebaar amper hipokraat maar praat met wysheid vrysinnig gedeel sonner hoogmoed
En dan die nekkie gooi maar tog in jou hart in klim al weet jy die
bravade verg eerlikheid om sonder skroom die heiligkoei te melk as die
spoeg so spat tot op jou hand
En... Delikate swakkeling wat opreg sterk kan lyk en fundamentalisties sonner skaamkry Onsekerhede afmaak as feitlikheid uit wetenskaplike bybelsgrond en my soms laat Voel dat ek nooit hier my vertroue sal uitstort al is dit ook die laaste persoon Op aarde maar dis okay want ons albei weet dat ons tog wedersyds vergeef
Wat sou ons wees sonder ons vrinne? Dankie vir julle in my lewe.
Woody Guthrie" As I went walking, I saw a sign there, And on the sign
there, It said "no trespassing." But on the other side, it didn't say
nothing! That side was made for you and me."
No comments:
Post a Comment