Monday, April 23, 2012

The Road to Hell

Well I'm standing by a river
But the water doesn't flow
It boils with every poison you can think of
And I'm underneath the streetlights
But the light of joy I know
Scared beyond belief way down in the shadows
And the perverted fear of violence
Chokes a smile on every face
And common sense is ringing out the bells
This ain't no technological breakdown
Oh no, this is the road to Hell



And all the roads jam up with credit
And there's nothing you can do
It's all just bits of paper
Flying away from you
Look out world take a good look
What comes down here
You must learn this lesson fast
And learn it well
This ain't no upwardly mobile freeway
Oh no, this is the road to Hell
- Chris Rea




Silence is a text easy to misread.

Sunday, April 8, 2012

The Color Purple

Purple symbolizes:

The Fool - Oneness
Death - Limitless
 The Star - Inspiration
The Universe - Light 

Shug: More than anything God love admiration.
Celie: You saying God is vain?
Shug: No, not vain, just wanting to share a good thing. I think it pisses God off when you walk by the colour purple in a field and don't notice it. 

 
Celie: You saying it just wanna be loved like it say in the bible?
Shug: Yeah, Celie. Everything wanna be loved. Us sing and dance, and holla just wanting to be loved. Look at them trees. Notice how the trees do everything people do to get attention... except walk?
[they laugh]
Shug: Oh Miss Celie, I feels like singing! 


 
Shug: See Daddy, sinners have souls too

(Memorable Quotes from the movie: The Color Purple)

Make the choice to live by higher principles and see how your perspective changes

iStart2 Ambassadors connecting Indigenous Peoples of the World:

Tuesday, April 3, 2012

Let it be...

Dis vroegoggend, verlede Sondag, wat ons, in twee motors, die Witbank afdraai vat  oppad na Dullstroom uit Centurion. Is weliswaar amper dertig jaar laas wat ek ‘n kerkdiens bygewoon het. My walging in “kerk” het my darem nie verhoed om deur die mooiste kerke in Italie, Spanje, Duitsland en Nederland te loop nie… maar selfs dit het later ook maar boring geraak. Nee, die drie lelike susters het my afgeskrik van kerk vir baie jare… om darem mense op grond van velkeur te klassifiseer vir ‘n plekkie innie hemel, ‘n plekkie innie kerk en dan nog met selfverhewendheid met hul boetie, die Staat,  ook evil incest te pleeg, was genoeg om my baie lank weg te skrik.

‘n Geleentheid het hom voorgedoen om saam ‘n paar joernaliste van die gerespekteerde Mail & Guardian te gaan uitvind hoekom die NG nou, amper 18 jaar na apartheid, lelik begin leegloop. My belangstelling in “Volhoubaarheid” as konsep, aan die een kant, en ‘n diepe hoop dat die drie lelike susters ook maar die paadjie van die ou regering sou loop, andersyds, het my geprikkel om die oggend saam te ry.

Die vriendelike dominee se rustige stem het seker bygedra tot ‘n vreedsame gevoel wat in my binnekant was. Sy humor toe hy die span van die M & G welkom heet en die gemeente gerus gestel het oor die “snaakse” mense in die kerk het my laat smaail. Half skuldig het ek my plakkies nog dieper onder die stroewe kerkbank gedruk. Die vriendelike Hindoe kameraman, die “Girl met die goue stud deur haar mond” en die joernalis, netjies aangetrek, suit en al, moes seker nogal “snaaks” gelyk het.

Die oorhoofse projektor het “God se bye” aangekondig en ek het gewonder of die dominee nie die ^ oppie “e” vergeet het nie. My gedagtes het teruggedwaal na ons Boksburg kerk lank gelede, waar die Bybelstories van Liewe Jesus my verbyster het… Liewe Jesus was my hero. Hy kon magic doen. Namate ek groter geword het het ek geleer dat ek in die hel gaan brand as ek my nie absoluut oorgee aan Liewe Jesus en sy kwaai pappie nie.



Na ‘n kerkkamp by Winkelspruit is ons selfs beveel om ons plate te vernietig… daai plate en musiek wat vir my alles beteken het. Dit was die eerste groot skeur met die kerk wat in my kindergemoed plaasgevind het. Die walging in die kerk het op universiteit finaal oorhand gekry toe dit duidelik word dat ek beslis nie een van die uitverkorenes sou wees nie.  

Kan mens n Heilige Koei hoor val? 

Later jare was dit selfs ‘n vreugde om te besef dat ek beslis ook nie een van die uitverkore groepie wou wees nie. Na ‘n lang journey het ek besef dat, as daar ‘n God sou wees, hy nie vir my “bye” geseg het nie,  net maar die kerk wat “bye” geseg het. En hier sit ek nou in ‘n kerk waar dit vir my voel of God nou vir hulle “bye” geseg het….

Voor die diens begin is die kindertjies uitgelei na die kinderkamer… sommige rituele was nog steeds dieselfde… Die trae sang en die kwaliteit van die orrelspel het verder bygedra tot n gevoel van jammerte wat oor my gemoed gespoel het.  Nie gedink ek sou diep jammerte voel vir hierdie instansie wat my soveel dae wakker gehou het oor die groot en belangrike vrae van die lewe nie… nie gedink ek sou nie met absolute weersin die spektakel aanskou wat vir soveel mense gelieg het... en dit steeds nog doen.

In die teekamer na die tyd was fotos van die bazaar … buite het n vriendelike kerel my vertel dat ek by Mohamed sigarette vir tien Rand kan koop. Sou hom later die dag weer raakloop by die sentrum vir Epilepsie.

Selfs die dominee het aan ‘n sigaret gesuig...

Hoenervleis het op my arms uitgeslaan toe ons uitklim by die klein pressedwood kerkgeboutjie innie township. Die sang was oorweldigend. God seg hello. Die Umfundisi vertel haar storie van hoop met drie ‘elle’. Die kindergesiggies sprankel. Die groot mense stem saam. ‘n Hele paar kom skud my hand en seg welkom. Hier is ons nie “snaaks” nie. In die verte staan die nuwe kerkie half gebou…



And when the night is cloudy there is still a light that shines on me
Shine until tomorrow, let it be
I wake up to the sound of music, Mother Mary comes to me
Speaking words of wisdom, let it be
Let it be, let it be, let it be, yeah, let it be
There will be an answer, let it be
Let it be, let it be, let it be, yeah, let it be
Whisper words of wisdom, let it be
- The Beatles



Twee keer kerk op een dag...

Koffie innie hand vat ons die lang pad terug na Tshwane… genoeg padkoskaffeine vir die volgende dertig jaar….