Sunday, June 24, 2012

Oxymoronica ...

Paradoks Saamgepers

My gaap n stille kreet -
'n stilgil van kritiek verskans as kompliment
My emosies promisku sonner sentiment -
'n alleenheidsongeloof in naaktheid ongesiens
Die realiteit 'n tragedie-illusie vol plesier
My komminpassie nie so 'n kommin observasie
My kommin sense nie so kommin as ek my skryf
Instaar in die skoonblaaiboek en druppels bloed
Angstigelegant uit my voorkop tap op die nuwe boek



Jou staar slaan die kant van my gesig soos
'n Stilkreet wat skrams my hart kom roer as
Jou pinkiepunt die bewing in my lyf wegstreel, vol
Deernis die ritueel volvoer en wegglip
sonder terugkyk na gisters die toekoms in



Die spieel kaats grou skadu's oor jou
kaalgyt en drup 'n somber traan vol sout
Nasmaak in my mond...


Stap van hoek tot hoek sonner kyk maar
Jou neus snuffel die vriendskapsskaduwees wat uitspiraal
In sirkels van ongeluk waar lusfantoom en realiteit bewegingloos
Horisons ontmoet
en die geprikte duimnael bloed stort
As my vingers erektiel-vyftallig my lyf bespring en
Balle borste word in my genitale hand
met die geisoleerde middelvinger wat
Rooi uitpis-ontplof en my
Alleen, steriel agterlaat
Onaangeraak.
Pierre du Toit 

Wednesday, June 20, 2012

Kafkaesque ...

Elf vrinne...

Ernstig, intelligent, lief, maar denke ietwat elementer
Met regs en links en op en af kyk maar nooit ooit
Ver kyk nie, net maar rondkyk binne beperkte sirkels van idees
Draaiend om die eie as in stille wanhoopskreet
En...
Sexy, maer, goedgebou altyd in beheer met 'n skugterheid
Wat lig ontduik en intiem beskeie hart oopmaak oor vele reise
En apologeties klein foutjies met 'n eenoog oogknip verbloem en
Ongesteurd deur 'n onvermoende hand wat nie kan vriendskap gee
En...
Aantreklik, met n duidelike mond en n drupdroomoog die groot tieties
Verbloem wannir die hand op-en-vinnig-af beweeg waar stemtone skril
Die klein oortjies uitasem toehou vir die einas van lewe in die kokon inglip
En maar vergewe word omdat onskuld so selde enige iemand kan skaad
 
En...
My maklike vriend wat deur almal verstaan en gelief word deur flegmaties
Universeel algemene uitsprake kopskuddend met sy ligtheid en nonchalant
Telkens homself herhaal in uitermatige oorvloed van korrektheid soos n vogel in vlug
Terugkeer na die hok waar skuiling veilige beskerming koester teen alleen
 
En...
'n Belofte sonner inhoud wat my eensaam laat voel in haar teenwoordigheid
Maar tog teenswoordig status het al issit moeilik om eintlik te bepaal waarom
Oorvriendelikheid soms half gatkruiperig lyk waarmee onsekere siele soms
Verblind kan word deur goedkoop lofsange so reg uit die hallelujaboek
 
En...
Martelgat en babbelkous wat nie wil verloor en verval in afvlerkvooltjie
Sindroom waar geveg word met drome en siekerig vertoon al is dit allermins
Nodig om te help want die gesiglelikgyt word onderspeel deur n voorhoof
Wat ongenaakbaar tuur oor hande en groot voete perfek uit proporsie met sy res.
 
En...
Uniekheid wat nie verstaan word deur die gepeupel met algemene wereldshumor
Eie wysheid maar ook nie oorskat moet word as rusteloosheid en respek vir tradisie
Charismaties saamgemeng word in n groot geheel wat beslis nie die toekoms gaan
Verander maar met opregtheid hoop uitstraal as jy melancholies koffie soek
 
En...
'n Probleem sonner dat mens nou rerig weet hoekom mens nou eintlik vaderlik
Voel as jy met siddering dink hoe n eie pad gevolg word en lank alle kontak
Verbreek en mens dit onnodig vind om uit vind waar die vriendskap is en net
Aangaan en los soos dit is maar die vlek op die keel laat my soms weifel
 
En...
Elegant en aards met n betowering sonder dat dit enigsens agtergekom word
Met n kyk na nerens wat alles inneem en diep agter smal ooglede skuil en praat
In kort afgemete sinskontruksies wat leeg vertoon as jy jou hand oplig om te
Wyshoop dat dit dalk sal inslag vind in die deurmekaargyt slapoog gluur
 
En...
Twee vingers telkens op n skewe ken en vlugtelings n lippestreel en neusraak
Gebaar amper hipokraat maar praat met wysheid vrysinnig gedeel sonner hoogmoed
En dan die nekkie gooi maar tog in jou hart in klim al weet jy die bravade verg eerlikheid om sonder skroom die heiligkoei te melk as die spoeg so spat tot op jou hand
 
En...
Delikate swakkeling wat opreg sterk kan lyk en fundamentalisties sonner skaamkry
Onsekerhede afmaak as feitlikheid uit wetenskaplike bybelsgrond en my soms laat
Voel dat ek nooit hier my vertroue sal uitstort al is dit ook die laaste persoon
Op aarde maar dis okay want ons albei weet dat ons tog wedersyds vergeef

Wat sou ons wees sonder ons vrinne? Dankie vir julle in my lewe.
Woody Guthrie" As I went walking, I saw a sign there, And on the sign there, It said "no trespassing." But on the other side, it didn't say nothing! That side was made for you and me."
- Pierre du Toit
Januarie 2012