Monday, May 23, 2016

Engeltjie hart van 'n Vonkelvrou ... Karen Kotze

Karen is rustig ... vir die eerste keer in 'n lang tyd ... sy lyk so beautiful waar sy daar vol vrede in die bed met die mooi oranje kussings styf in haar hand vir ons seker binnekort gaaan koebaai se  .... 

Gistraand het ons maar ons laaste chat gechat  ... terwyl mens hoop sy kan nog jou stem hoor ... nog vir oulaas vir haar gebraaib dat sy biekie chocolate gaan drink as sy net probeer om nog so 'n slukkie kos sal eet ... nog vir oulaas van allie maaikies se mooi boodskappies vertel ... Pops se "Song for Karen" vir haar gespeel ... haar vertel van sy mooi woorde by die Cradle of Humankind ...

Die merrisyne se dosis word daagliks meer
en volgens  die dokter gaan sy seker binnekort in diep slaap ingaan .... nog net so pragtig soos die dag wat ons ontmoet het ... nogsteeds sal ons bly chat ... al gaan sy my seker nie meer hoor nie ...

Op 29 Julie 2015 skryf Karen in haar facebook dagboek .... 


My Pierre verjaar ...

"Daar is n sterretjie inni gaatjie inni mirrel funny C.....


Op my kabouterhuis se stoep is daar n "sterretjie inni gaatjie inni mirrel funny C" op die muur. It reminds me of all the good times we shared. Die eerste foto wat ek van jou geneem het was daar n sterretjie in jou hart. 



Ek het jou geken lank voor jy van my bestaan geweet het.
In n donker tyd in my lewe .....voor Facebook , wou ek niemand face to face ontmoet. Ek het weggekruip in my wêreld want ek was gemaklik daar. Eendag iewers in 2010 of was die 2009 soek ek "The sound of silence " op die internet ... ek kom op jou blog af en kon nie ophou lees nie. Ek het by jou geleer... life is too short for shit coffee and shit music.

Toe ek jou per ongeluk in 2011, kort na jy uit Amsterdam terug in RSA was, ontmoet kon ek dit nie glo nie........ek het toe selfs geweet van watter roomys jy hou.

Weke na die ontmoeting toe nooi jy my vir ete....en hier daag ek op met my eie potte, panne en al die bestandele in n mandjie. Jy wil nog beduie toe staan jy met n mes in die hand en sny als in die mandjie wat n sny nodig het, selfs die uie.
Daarna was ek nooit weer in Pretoria sonder om n koffie by jou te gaan soek. In Sept'11 het ons n Holy Cow naweek gehou.....dit was so lekker. Ek het nog n ou storietjie daaroor geskryf. Dammit ons het nog probeer dans....onthou jy dit?
Toe kom Nov'11 Cop 17 en jy stel my bloot aan n wêreld wat ek nie ken of verstaan nie. Met die Bokwa het ek hulp aangery.....eintlik was Rinus aan die stuur. Ons het almal wat wou help ingelaai en Durban toe gery, T-hemde en banniere gereel.....dit was great.




In 2012 het ek maar n lae profiel gehou want die girltjies....vroue in jou lewe het meer in ons vriendskap gesien en my as enemy no1 gemerk.....maar tussenin was daar tog nog baie pret. Jy het my nogsteeds aan hierdie celebs voorgestel ... mense wie ek bewonder het , maar nooit persoonlik sou ontmoet as jy my nie altyd saam geneem het nie. Die aand toe Pops sy life long achievement toekenning gekry het was wonderlik. Die eerste live video op internet wat daar in jou lapa opgeneem is was ook n eerste vir my.


Einde 2012 was jy maar boos vir my omdat ek met n ander oorsee sou gaan ... maar jy het weer goed geword. Hans en Susanne het daardie oujaarsaand nogal baie spesiaal gemaak. Ek onthou hoe ons na die radio show geluister het... Hans was nog jou gas op die show. Die Radio show was een vd mylpale.......


Toe kom 2013 en ons leef die lewe saam so te sê op. Getrou aan jou hart het hy ons gereeld op ons tone gehou .....maar dit was okay. Jy het saam met my lugballon gaan ry toe ek 49 word en saam het ons iStart2 se prys gaan haal daaronder in die Kaap. Die pret van wat alles daar gebeur het....van die tas wat vir jou weggehol het, my bril wat tot vandag toe weg is en die verdwaal (dat ons na n moessse gery maar net weer uitkom waar ons was) sê ek liewer niks.



In Desember 2013 was jy baie siek ek was oortuig ons gaan moet groet. Ons was oujaarsaand in die pragtigste plek so op die Hartbeespoortdam. Jy het net geslaap en geslaap. Die kere wat jy opgestaan het, was min. Ek het 2014 ingehuil maar ons het die beste vd saak gemaak. Ons het die lekkerste dinge saam gedoen ... dit is ook waar ons die skildery vd skewe nar gekoop het. Op pad terug is jy hospitaal toe en elke aand na ek by jou in die hospitaal gekuier het, het ek in jou huis gaan slaap en 5:00 die oggend moes ry om betyds by die werk te wees. Maar dit was die moeite werd.

Jy was daar toe ek my nuwe motor gekoop het.......en 500km verder toe ry jy n moessssse boom in sy kanon in. Daardie aand skryf jy op Facebook:" the day that I bumped your brand new car I thought you would leave me.....but you didn't. "
Well, if I could have it my way I would never leave you.




Op 6/2/14 word ek met borskanker gediagnoseer. Ek onthou hoe ek die naweek daarna net op jou bed gelê en huil het. Ek kon nie my ouers /familie vertel want my pa was net n maand tevore met kolonkanker gediagnoseer.


Op 18/2/15 stuur jy vir my die mooiste geel blomme na die kasteel waar ek met n dinner for one gaan 50 word het.....jy was daar.

Jy het hierdie pad saam met my begin stap .......ek onthou in Clarens toe ek sien hoe die kaal kop van n vriendin lyk. Ek was histeries en jy het nog moes help kopdoeke en hoede koop.......R1000 later en ek het nognooit enige van daardie goed gebruik nie.

Ons het by die oulikste plek in Clarens gebly......en selfs onbepland dieselfde kleure aangetrek ( gelukkig nie klere nie).




Ons het saam oor jou moeder getreur.....en saam vir Ina en Elrika gaan kuier. Daar in Eric se Gastehuis oorgebly......arme jy wat moes buite in die koue staan as ek wou piepie of stort, shame (dit was toe al Mei)

In Junie het my hare vd chemo begin uitval .....ek onthou hoe jy die knipper gevat het en my van my ellende verlos het. Jy het deur al die trane met my moes sit. Dankie jy was so nice .. jy het my soos n prinses laat voel toe ek met my eerste hooftooisel in jou kamer kom sit.




Met jou verjaardag het ons in n kasteel gaan eet......my hare het begin groei en jy het my so geterg oor die rooi.

Vir die oujaar was beplan dat ons na n kabouterhuis van n gastehuis, met n piekniekmandjie as laaste maal van 2013 sou gaan. Jou hart wou ons weer verlaat, maar ongeag jou siek/hartaanval is jy die dag daarna uit die hospitaal en in die kar saam met my op pad om oujaarsaand te vier soos beplan.

Wat n wonderlike naweek met die bos-spa en die toer deur "The cradle of humankind ". Die lag en jy wat my stert onophoudelik trek......kêreltjies wat jy vir my uitdink. Selfs wat hulle en jou pligte is....ek kry weer smile as ek dink hoe jy beduie het dat jy nie saam met my op die kabelkar kan gaan nie. Dit is blykbaar die werksomskrywing van n kabelknaap.

Hierdie jaar was jy elke keer daar as die geringste ding mbt my siekte gebeur het. Ek onthou hoe jy einde April meer as een keer in die nag moes hospitaal toe met my.......en toe die slegte nuus oor die breingewasse kom, het ek jou gehoor al kon ek vir eers jou nie sien nie......jy was eerste daar. Jou oë was rooi gehuil want jy het toe al geweet.



You've been there for me every step of the way.
Ek is baie lief vir jou my vriend
Die spore wat jy in my lewe getrap het sal selfs die dood , nie uit kon vee......

Mag jou volgende lewensjaar net vol liefde en voorspoed wees want jy verdien dit.....wens so ek kon elke kiekie van onthou hier plak want die storie wat dit vertel is sprokiemooi." - Karen Kotze


Dankie liefste Karen dat jy jou hart met my gedeel het, sal dit altyd koester... Vonkelvrou, vir jou sal ek nooit vergeet .... dankie vir daai spark in jou bonfire heart ...

No comments: