Thursday, December 1, 2016

Hoe melk jy n geslagte koei?

Gewapen met Deon Maas se Heilige koeie en Sally Andrew se Tannie Maria & the Satanic Mechanic wikkel ek my aisle seat op Emirates se hoener-hok-klas so groot moontlik om daai lang ure oppie vliegtuig om te kry Tyd vir wegbreek ... sommer dalk uitbreek ... (mens mag seker fantasiee he van jou rugsak pak en net so inni wye wereld in verdwyn op daai pad na nerens ... ?)

Van "fantasees" gepraat ... daai One Night in Bangkok lirieke wriemel nou al n paar dae in my kop ... " "I can feel the devil walking next to me" ... jip!  Glo nou nie juis aan die Satangedierte nie, maar n paar van my engee vrinne sal seker oortuig wees dat dit nou die einste langstert kalant is wat sy uitlokkende prenkies in jou kop kom staanmaak ... janee ... daar is tye wannir dit dalk beter sou wees om te glo die kerel bestaan sodat ek hom darem kan blameer vir enige stoutigheid wat net dalk kan gebeur ... wie weet!!

In Dubai is die oorstapprosedure glad nie so eenvoudig nie en die 45 minute wat daarvoor toegelaat word laat my na 'n helse stappie hoog-en-sweetsopnat voor n lee vertreksaal ... en ek het nie eens kans gekry om n dampie te maak nie ... Die vrindelike tannie by Emirates sorg gelukkig dat ek n kaartjie oppie volgenne vlug kry en as pryswennertoegif 'n vier uur luilekker tydmors wagsessie in die Saudies se lughawepaleis ... met my budget (miniskuul) in gedagte mik ek maar na die koue waterkraan en lek maar die nat sweterigheid wat van my voorkop afdrup vir n soutigheidjie .... 5 jaar van armlastig wees het sy voordele..

Die vliegtuig is onheilspellend, afwagtend stil toe hy sy draai maak en amper geruisloos land so na 8 in Bangkok. Die JAWS temaliedjie speel saggies in my agterkop. Lyk my hierie hard man raak nou humble. Tye soos die dat mens wens jy't net so klein biekie vooruitbeplan. Darem is my kamer geboek in Chinatown en kort voor 10 los die helderkleurige pienk taxi my voor die deur ... en ja ... die bakkie noedels en sharkfin wat ek gou probeer verorber by n straatverkoper brand die wille blou hel uit my uit ... die devil klim sommer so samie kos in jou lyf in!


Two nights in Bangkok ... en ja wat is beter as n Thai massage om die eerste middernaguur om te kry ... "NO SEX SIR!!" seg die Bellboy toe ek vra of die gedoente sommer in my hotelkamer mag gebeur?! Pheeeew! Thai is taai! Die bucketlys funny trip kry 'n tiek en sielsalig slaap ek twaalf ure lank soos net n ou lyf op 55 dit kan doen. Wat seuns wil weet het my voorberei op die snaakse vrae wat ons as jong tieners gehad het ... waar is daai voorskrifboek vir ouer word? Dis anner territory die...

Bangkok lewe! Die afgestorwe koning se paleis en goudhede is werklik ongelooflik ... sy seun neem binnekort die leisels oor ...en ek vergaap my aan die toue Thais wat steeds in een swartgeklede rouende stroom mense die paleis besoek ... n boottrippie op die rivier en al om die kanaal gee mens so 'n biekie insig in die doen en late van die bewoners in die stad ... my bek hang oop ... gougou is n tuktuk byderhand om my terug te vat hotel toe ... en op die 15de verdieping vergaap ek my aan die sonsondergang wat sy nagtelike sluier tergend oor die stad kom trek ... Die mense hier laaik niks van die Trump kerel nie .. Hulle dink hy gaan oorlog maak. Stupid Americans seg hulle.



So bly vir hierdie voorreg om die vriendelike mense te kan ervaar ... Buddha is for respecting, not for tattoo, lees mens oral ... ai, ons "westerlinge" het darem die lewe aan die ass beet.
 

Vinnige oorstop in Singapoer en voor ek my weer kry laai die taxi my voor die deur van my bestemming af in Bali ... laaang trip om uiteindelik net weg te kom van alles af ... dit was 'n taai jaar vol ongenooide skyt ... nostalgies afstand kry maak altyd n paar breinselle oop as mens 'n onbekende toekoms tegemoet wil gaan  ...

Die gode met die baie hanne lyk darem veel meer interesting die kant funny aarde as die wat daar meer wes die septer swaai. Travel is magic!! I can do this for a living ... O ja ... lees gerus Deon Maas se boek ... laat jou smaail in jou blou baard (met apologie aan die dame met die klavier) ...  Life is short.
"Not all those who wander are lost," troos JRR Tolkien. Ja ne, ek wonner darem... 


Happy Holidays klink net soveel beter as Mellie Xmas in Thai... (seker issit net my verbeelding of hoor ek alweer stemme?) Velly velly naais plek die! 

No comments: